Onwettige straatrenne eis seun se lewe

Die Ekurhuleni-metropolisie aan die Gauteng Oos-Rand doen ‘n beroep op inwoners om onwettige straatrenne onmiddellik aan te meld. Dit volg nadat ’n agtjarige seun dood en verskeie mense beseer is toe twee motorvoertuie wat na bewering in ’n onwettige straatren betrokke was, in Etwatwa teen verskeie voetgangers gebots het. Die polisie-woordvoerder, Ignatius Maphike, sê die kind is op die toneel dood, terwyl twee 12-jarige seuns onder die beseerdes was wat na die hospitaal vervoer is.