Tennis: Navratilova bevestig sy het kanker

Tennis: Martina Navratilova, die wenner van 18 Grand Slam-toernooititels, het bevestig sy is met keel- en borskanker gediagnoseer. Die 66-jarige, wat reeds in 2010 borskanker gehad het, begin later vandeesmaand met behandeling in New York. Volgens haar is vergroeisels op ʼn vroeë stadium opgespoor. Navratilova sou dié maand as kommentator by die Australiese Ope opgetree het, maar sal nou per geleentheid aan ʼn paar buite-uitsendings van haar huis af deelneem.