Namibiese hokkie sien uit na opwindende 2023

Beide Namibië se mans- en vroue-hokkiespanne sal in aksie wees by die Binnenshuise Hokkie-Wêreldbeker wat van 5 tot 11 Februarie in Pretoria, Suid-Afrika, plaasvind. Die vroue is besig met ‘n intensiewe oefenprogram in Windhoek voordat hulle op 14 Januarie na Nederland vertrek om hul voorbereiding op te skerp met wedstryde teen die Nederlandse nasionale span en ander klubs. Namibië sal poog om hul vertoning by die 2018 Binnenshuise Wêreldbeker in Berlyn te verbeter, waar hulle die kwarteindronde net-net misgeloop het om uiteindelik negende te eindig. Namibië se afrigter van die vrouehokkiespan, Erwin Handura, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.2 Nuus.