Verskeie stadseiendomme sal binnekort in Kaapstad te koop wees

Die Stad Kaapstad sê die publiek, insluitende nie-winsgewende organisasies en ondernemings, sal binnekort die geleentheid hê om te bie op onroerende eiendom in stadsbesit. Hierdie eiendomme is vrygestel deur middel van ‘n verpligte mededingende veilingsproses omdat dit nie meer vir munisipale doeleindes benodig word nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê 32 eiendomme word aangebied, waarvan 28 vakant is en vier verbeterde eiendomme is met huise op: