N$433m beskikbaar vir erwe, N$40 miljard nodig

Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni sê daar is net meer as 433 miljoen Namibiese doller beskikbaar vir plaaslike owerhede vir die diens van erwe. In September verlede jaar is daar beraam dat daar ‘n agterstand van 300 000 huise in die land is, en dit van persone wat aansoek gedoen het, en dat dit 76 miljard Namibiese doller sal kos om die agterstand in te haal. Die bedrag is meer as die 2020-2021 begroting van 72,7 miljard doller. ‘n Bedrag van 40 miljard doller is nodig net om die nodige erwe te diens.