Tegniese fout lê Schipol lam

Nederland se lugruim was tot vroeg vanoggend byna heeltemal gesluit vir weens ‘n tegniese onderbreking van lugverkeer beheerstelsels. Die lugverkeer beheerowerhede het gesê hulle ondersoek die onderbreking en het geen verdere besonderhede oor die oorsaak gegee nie. Die onderbreking het hoofsaaklik verkeer na en van Amsterdam se Schiphol-lughawe, een van Europa se besigste spilpunte, getref, hoewel die aantal vlugte wat geraak is beperk was.