SA-swemmers kwalifiseer vir Parys

Vyf Suid-Afrikaners het hulle plek verseker op vanjaar se Olimpiese Spele in Parys na die nasionale kampioenskap in Gqeberha in die Oos-Kaap. Die Olimpiese gouemedalje-wenner, Tatjana Smith, voorheen Schoenmaker, het haar plek bespreek saam met die 19-jarige Pieter Coetzé wat vyf goue medaljes op die kampioenskap opgeraap het. Aimee Canny, Kaylene Corbett en Erin Gallagher spog ook met kwalifiserende tye vir die Spele in Julie.