Te min ambulanse om land te dien: gesondheid-ministerie

Die Erongo-streek het nie genoeg ambulanse om op mediese noodgevalle te reageer nie. Hentiesbaaiers is woedend oor die gesondheid-ministerie se vervoerstelsel. Volgens ‘n inwoner is daar net een ambulans in die Erongo-streek wat pasiënte vanaf Hentiesbaai, Swakopmund, Walvisbaai en Arandis na hospitale vervoer. Die gesondheid-ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, het die tekort aan ambulanse aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Hy sê die hele land ervaar ‘n tekort aan ambulanse. Die huidige vloot word oud en van die ambulanse was in ongelukke betrokke.