Taxi-vergadering gaan toe oor vakbondbestuur, nie tariewe

Die langverwagte vergadering tussen die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging en die vervoerministerie het uiteindelik plaasgevind. Maar, dit wil voorkom as of Taxi-tariewe nie onder die loep gekom het nie. Nabta het vir ‘n verhoging van 15 persent gevra maar die blyk asof die ministerie eerder die bestuur van die vereniging wou bespreek. Nabta se sekretaris-generaal Pendapala Nakathingo sê hulle moet ook terugvoer gee.