A1-padwerkers sal volgede week betaal word

‘n Vreedsame protesoptog is vanoggend in die hoofstad by die ministerie van werke en vervoer deur Otesa se werknemers gehou. Die maatskappy bou op die oomblik die laaste stuk van die A1, die verbypad by Okahandja wat reeds ‘n geruime tyd stilstaan. Hulle is nie betaal nie. Die woordvoerder van die ministerie Julius Ngweda sê die finansministerie het die aansoek vir fondse goedgekeur en die werkers sal teen volgende week betaal word.