Tamson se borgaansoek tot môre uitgestel

Die Fishrot-beskuldigde Tamson Hatuikulipi, se aansoek om borgtog wat op nuwe feite gebaseer is, is vanoggend in die hoërhof in Windhoek tot môre uitgestel. Volgens sy regsverteenwoordiger Richard Metcalf, is sy kollega, Florian Beukes siek en kan eers môre in die hof teenwoordig wees. Beukes het volgens Metcalf die aansoek voorberei. Dit wil voorkom of Nigel van Wyk sy aansoek laat vaar het.