Gesteelde wapens, ook van polisie, dra by tot geweld in SA

Gun Free South Africa sê wapengeweld in Suid-Afrika is niks nuut nie, maar dit beweeg nou in ‘n nuwe rigting. Die uitspraak volg na die moord die afgelope naweek op 15 mense in ‘n taverne in Soweto en vier in Pietermaritzburg. Die direkteur van Gun Free South Africa, Adele Kirsten, sê grootkaliber wapens is nou makliker beskikbaar as ooit tevore. Sy het ‘n beroep op die regering gedoen om vinnig op te tree met die Wysingingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer om die beskikbaarheid van vuurwapens te beperk: