Londen se swaard-aanvaller vas, seun, 13, dood

Die Metropolitaanse Polisie in die Verenigde Koninkryk het bevestig ‘n 13-jarige seun is dood in ‘n swaardaanval in Hainault in Oos-Londen. Vyf mense is beseer, waaronder twee polisiebeamptes. Die 36-jarige verdagte is binne minute na die aanval aangekeer, nadat hy met ‘n skokwapen onskadelik gestel is. Hy het voor die aanval met ‘n voertuig in ‘n huis vasgery. Die polisie sê die voorval word nie as terreurverwant hanteer nie.