SSC verbreed dienste na aanlyn toe

Die Maatskaplike Voorsorgkommissie sê aansoeke vir sertifikate wat toon dat besighede op datum is met betalings en in goeie stand is by die kommissie kan nou aanlyn gedoen word. Volgens Unomengi Kauapirura, die kommissie se bestuurder van kommunikasie, is die stap ook genoodsaak deur beperkings wat deur Covid veroorsaak is.