Swart besigheidseienaars sê wat hulle eis vir sakeredding

Swart besigheidseienaars in Namibië het verskeie sakereddingseise vandag in ‘n petisie aan die Bank van Namibië, die kantoor van die eerste minister sowel as die Ontwikkelingsbank oorhandig. ‘n Groep van ongeveer 30 besigheidseienaars het deelgeneem aan ‘n protesoptog wat deur die Swart Besigheidsleiers Netwerk van Namibië gereël is. Die netwerk se voorsitter Eliphas Simon, het hul eise so verwoord aan Kosmos 94.1 Nuus.