Mosiehof hanteer 158 lêers vanoggend

Daar was vanoggend 158 aansoeke om verstekvonnisse voor regters Boas Usiku en George Coleman in die mosiehof. Van die aansoeke was daar 11 reël 108 aansoeke en in totaal het kommersiële banke 92 eise ingedien. Dit is die eerste keer wat Kosmos 94.1 Nuus die Angolese BIC Bank op die rol aantref en daar was een aansoek vir ‘n uitstaande lening. ‘n Totaal van 41 eiendomme met ‘n waarde van 59,1 miljoen dollar in uitstaande betalings is opgeëis terwyl 47 lenings ter waarde van 8,87 miljoen dollar betaalbaar is. Vyf voertuie moet terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Marlene Tommasi 47 onverdedigde egskeidings hanteer.