Swapo-wenner het groot verantwoordelikheid

Die woordvoerder van die Swapo-party se nasionale verkiesingskomitee, Audrin Mathe, sê die tellery van stemme duur voort en sal nie teen nege-uur vanoggend gereed wees nie. Hy sê hulle tel versigtig omdat baie op die spel is. Intussen sê partylid dr. Elijah Ngurare dat daar ‘n baie groot verantwoordelikheid berus op die kandidaat wat as vise-president verkies word. Ngurare het laataand Sondag met die Engelse dagblad New Era by die kongres gesels.