Gebaretaal moet by dienste ingesluit word

ActionSA in Gauteng sê hy gaan voort met pogings om toegang tot die nodige spesialisdienste en -ondersteuning te verseker vir inwoners van metrorade waarin hy dien. Hy beywer hom dat die tale, onder andere gebaretaal, wat deur die meerderheid inwoners gepraat word, by die Stad Tshwane se taalbeleid ingesluit word. ActionSA se woordvoerder, Thabang Sebotsane, sê dit sal daartoe bydra dat almal die ondersteuning en dienste kry wat hulle verdien: