Namibië se ekonomie is op die herstelpad

Volgens die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, is die Namibiese ekonomie besig om te herstel van die moeilike tydperk tussen 2016 en 2020,  wat gekenmerk is deur inkrimpings en negatiewe groei. Sy aanmerkings kom na die voorspelling van 3,2 persent se groei vanjaar, en 2,7 persent wat verlede jaar aangeteken is. Hy sê monetêre stabiliteit is die beste bydrae wat die Bank van Namibië op die lang termyn kan lewer om by te dra tot hoë vlakke van indiensneming en volgehoue ekonomiese ontwikkeling.