Swaar verkeer word vandag op van die hoofroetes verwag

Swaar verkeer word vandag op van die hoofroetes in die land verwag met die laaste vakansiegangers wat op pad terug huis toe is na die feesseisoen. Hoofinspekteur Rozario Coetzee van die Namibiese polisie se verkeersdepartement het motoriste gemaan om versigtig te bestuur.