Maak doeane vaartbelyn vir beter intra-Afrika handel

Die Namibië Inkomste-agentskap het Afrika se onontginde handelspotensiaal beklemtoon en gevra vir die dringende verwydering van handelsversperrings. NamRA kommissaris Sam Shivute het tydens die Wêreld Doeane-organisasie Oos- en Suider-Afrika se 39ste vergadering gevra vir verhoogde intra-Afrika handel en die behoefte aan vaartbelynde doeaneprosedures beklemtoon. Dit kom te midde van breër besprekings oor die effektiewe implementering van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied. Shivute het opgemerk dat met toegang tot ‘n mark van meer as 1,3 miljard verbruikers, daar geweldige potensiaal is om 50 miljoen Afrikane uit armoede te lig. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by Unam gepraat oor die belangrikheid vir Namibië om doeane-versperrings op te hef.