Suur-drinker sterf in hospitaal

‘n 48-jarige man wat na bewering sy vrou op 9 April in Grootfontein vermoor het, is in ‘n Windhoekse hospitaal dood. Francois Xoagub het na bewering ‘n kombuismes gebruik om sy 40-jarige vrou, Lizelda Xoagus, dood te steek en het suur op haar gegooi. In ‘n poging om selfmoord te pleeg, het hy ook suur gedrink. Hy was onder polisiebewaking in die hospitaal. Die egpaar word deur ‘n minderjarige kind oorleef.