Kaapstad sien 16% minder opvolg-inentings vir babas

Die gesondheid-departement in Stad Kaapstad het ‘n 16-persent-afname jaar tot jaar aangeteken in opvolg-inentings van kinders jonger as 12 maande. Gedurende hul eerste lewensjaar bou kinders danksy inenting immuniteit op teen verskeie aansteeklike siektes. Die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, Patricia van der Ross, sê wanneer kinders nie ten volle ingeënt is nie, bestaan die risiko om ernstige komplikasies te kry indien hulle besmet sou word.