Suid-Afrikaners kan vierde Covid-versterkerdosis ontvang

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê mense tussen 18 en 49 kan nou hulle vierde dosis van die Covid-19-versterkerdosis ontvang. Die inentingspan van die departement, onder leiding van Lesly Bamford, sê mense oor 50 kwalifiseer van Maandag af vir die vyfde dosis. Sy sê mense moet hulle laat inent om beskerming teen ernstige Covid-simptome te verkry. ʼn Versterker-inspuiting kan eers ses maande na die vorige inspuiting ontvang word.