Twee mans in Rundu-hof oor inbrake by skole en kerke

Twee mans van 20 en 30 jaar oud verskyn vandag in die landdroshof op Rundu na hulle glo by skole en kerke rondom Rundu ingebreek het. Die Namibiese polisie se waarnemende Kavango-Oos-streekbevelvoerder, adjunkkommissaris Bonifatius Kanyetu, sê die verdagtes is in die Ndama-woongebied in hegtenis geneem tydens Operasie Boots, wat in die feesseisoen uitgevoer is. Die betrokke skole en kerke is Kasote Gekombineerde Skool, Nakazaza Gekombineerde Skool, Sikanduko Junior Primêre Skool, Rundu Privaatskool, Ncove Primary School, die Katolieke Kerk en House of Prayers. Nampol het van die gesteelde items by een van die verdagtes se huis gevind.