Gholf: Sonksynreeks 2023 skop af

Gholf: Die eerste toernooi in 2023 van die Sonskynreeks het op die baan van die Royal Cape-gholfklub in Kaapstad afgeslaan. Dit is die begin van ‘n reeks toernooie oor vier weke. Suid-Afrika se top amateur, Yurav Premlall, neem aan die toernooi deel nadat hy onlangs bekendgemaak het hy word ʼn geldspeler. Die 19-jarige speler van Gauteng is in die eerste plek op die ranglys van Gholf-RSA en is verlede jaar vir die Internasionale Span vir die Junior Presidentsbeker gekies.