Suid-Afrikaanse boere moet op die uitkyk wees vir knopvelsiekte

Die Landbounavorsingsraad in die buurland het boere gewaarsku om op die uitkyk te wees vir vee met knopvelsiekte. Die virus word versprei deur vlieë wat die diere byt en knoppe op die dier se vel veroorsaak. ‘n Veearts, dokter Berry Mutowembwa, sê knopvelsiekte kom algemeen voor, veral ná reën in die somer wanneer insekte wat byt se getalle begin toeneem. Mutowembwa voeg by alle beesrasse van alle ouderdomme kan met die siekte besmet word.