Drie miljoen Wes-Kapenaars moet ingeënt word om kudde-immuniteit te bereik

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê dat hy nog meer as drie miljoen inwoners moet inent om die provinsie se kudde-immuniteit doelwit van 70 persent te bereik. Dr. Saadiq Kariem, bedryfshoof, sê daar is ongeveer 3,1 miljoen inwoners ouer as 18 jaar wat nog nie hul inspuiting ontvang het nie. Kariem sê tot dusver is meer as 2,5 miljoen dosisse entstof regoor die Wes-Kaap toegedien. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …