Suid-Afrika en Israel se diplomatieke bande onder die loep

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê hy neem kennis van die vrae oor die posisie van diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en Israel. Die departement meen die debat is ontketen toe President Cyril Ramaphosa Dinsdag ‘n geloofsbrief van die ambassadeur van Israel aanvaar het. Die departement sê daar is tans nie ‘n Suid-Afrikaanse ambassadeur in Israel nie. Hy sê Suid-Afrika en Israel handhaaf egter formele diplomatieke bande en dit het gehelp met die voortdurende poging om die besetting van Palestina te beëindig.