Girl Up Namibia deel skooluniforms, skryfbehoeftes aan Kavango-kinders uit

Girl Up Namibia gaan môre ‘n welwillendheidsprojek by die Rundu-stadion aanbied om skooluniforms en skryfbehoeftes aan weerlose kinders in die twee Kavango-streke uit te deel. Volgens berigte, is daar talle leerders wat skool verlaat weens ekonomiese redes met die hoogste syfers in dié twee streke. Joy Katepo, Girl Up Namibia se klubpresident, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.