Vier polisielede oor parlement se brand ondersoek

Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, het bevestig vier polisielede word ondersoek in die nadraai van hierdie maand se verwoestende brand by die parlement. Cele het parlementslede vandag vir die eerste keer sedert die brand toegespreek en sê die lede is geskors. Hulle is die beskermings- en sekerheidsdienste se aflos-bevelvoerder en drie kring-televisie-beheerkameroperateurs. Cele sê hoewel toegangsbeheer hulle verantwoordelikheid was, het ‘n paar faktore die polisie verhinder om volledige toegangsbeheer te hê.