Struggle kids moet ingryp en Angolese straatverkopers help

Die plaaslike regsman Kadhila Amoomo, wat reeds ‘n geruime tyd baklei dat die minderjarige Angolese kinders op die strate van die land se dorpe versorg word, het nou ‘n brief van Neka, die vereniging van die sogenaamde struggle kids geskryf. Hy sê Angola het tydens die vryheidstryd Namibiese kinders met opvoeding, behuising en sosio-maatskaplike voordele voorsien en Neka se lede is uniek daarin dat hulle die Angolese kinders se uitdagings kan verstaan. Dus vra hy dat die organisasie ingryp. Hy voeg by dat dit nie ‘n vergunning is om die kinders by te staan nie, maar ‘n verpligting is ingevolge Namibië se Grondwet.