Stropery neem af in SA, renosters loop deur, daar en hier

Terwyl daar plaaslik groot kommer is in toenemende gevalle van stropery en tot 31 renosters vanjaar in Namibië gestroop is, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad ondanks die afname van 37 persent in wildstropery tot dusver vanjaar, is hy steeds bekommerd oor die groot aantal renosters wat in die land gestroop word. Verslae toon dat 24 renosterkarkasse tussen 1 en 14 Desember in die buurland gevind is. ‘n Verslag van die Departement van die Omgewing het bevestig sewe renosters is onlangs in die Krugerwildtuin gestroop. Die woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, sê 69 vermeende stropers is tot nou in die Krugerwildtuin aangekeer. Die jongste wildlewe misdaad verslag vir Namibië toon dat 15 verdagtes tussen 13 en 19 Desember aangekeer is vir wildmisdade en stropery.