Russe beboet Twitter

‘n Hof in Moskow het Twitter met 3 miljoen roebels, of net minder as 650 000 Namibiese dollar, beboet omdat hy nie inhoud, wat Russiese owerhede as onwettig beskou, verwyder het nie. Dit is die jongste stap van verskeie wat deur die land teen Westerse tegnologie maatskappye ingestel is. Die Russiese kommunikasie-owerheid Roskomnadzor sê Twitter laat plasings oor kinderpornografie, dwelmmisbruik sowel as beroepe op minderjariges om selfmoord te pleeg, op die platform toe. Die owerheid het ook in die afgelope tyd aspris die spoed van Twitter is land stadiger gemaak maar, dit bly steeds gewild onder gebruikers. Twitter het reeds talle male ontken dat hy toelaat dat sy platform vir onwettige bedrywighede gebruik word.