Stropery kan nie alleen deur owerhede bekamp word nie

Die Namibiese omgewingsministerie sê die stryd teen renosterstropery kan nie man-alleen gewen nie. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, sê renosterstropery bly ‘n bron van kommer met altesaam 87 renosters wat in 2022 in Namibië gestroop. Altesaam 61 swartrenosters en 26 witrenosters is gestroop. Vyftien renosters is op bewaarder-plase gestroop en 25 witrenosters op private plase. Die Etosha Nasionale Park bly die brandpunt vir renosterstropery met 46 renosters wat in die vlagskippark gestroop is. Muyunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie probleem in samewerking met alle relevante belanghebbendes aangespreek moet word.