Vrae oor ambassade-ma wat blykbaar kinders vermoor se saak

Die familielede van die twee Namibiese kinders wat in Desember 2020 vermoedelik deur hul ma in die Namibiese ambassade in Addis Abeba, Ethiopië, vermoor is, wil weet hoekom die verdagte, Kristofina Amutenya, steeds op vrye voet is. Sy is in Addis Abeba in hegtenis geneem op klagte dat sy haar kinders Jenay, 9, en Jane, 3, vermoor het. Die staat het besluit om haar plaaslik te vervolg omdat Ethiopië die doodstraf het. Dit is moontlik omdat die twee kinders tegnies in Namibië dood is. Amutenya, wat getroud is met Petrus Haufiku, wat ook werksaam by die ambassade is, het in Junie verlede jaar weer begin werk. Die moordklagte is daardie tyd verlede jaar teruggetrek na haar prokureur, Kadhila Amoomo suksesvol betoog het dat die staat fouteer het om haar op die moordklagte in hegtenis te neem met haar aankoms in die land. Plaaslike berigte lui dat Nampol bevestig het die ondersoek duur steeds voort en kompleks is oor die oorgrens natuur van die ondersoek. Amutenya het ook vermoedelik haar 13-jarige stiefseun probeer vermoor maar hy het oorleef.