11 000-hektaar vir Neckartal-besproeiing reeds bekom

Die regering het reeds 11 000 hektaar grond vir die Neckartal-besproeiingsprojek bekom. Die projek het onder kritiek deurgeloop omdat die reuse-dam, wat 857 miljoen kubieke meter water kan vat, drie keer meer as Hardap, kort na sy voltooiing in 2019 vol geloop het sonder dat die besproeiingsaanleg voorberei is. Die damwal het reeds turbines om krag te genereer en die pompstasie is ook voltooi. In Desember verlede jaar het die landbouministerie te kenne gegee dat lewensvatbaarheidstudies aan die gang is in verband met die optimale gebruik van Neckartaldam. Teen daardie tyd was net 3 800 van die oorspronklike teiken van 5 000 hektaar reeds bekom maar die minister Calle Schlettwein het gesê as gevolg van die ekonomiese onsekerhede sedert die pandemie, het die regering nie meer die fondse om die projek self aan te dryf nie en fase twee sal deur middel van ‘n privaat-openbare gesamentlike projek ontwikkel word. Neckartal is teen ‘n koste van 5,7 miljard Namibiese dollar gebou tussen 2013 en 2019.