Streng veiligheidsmaatreëls geld by die ou Peter Mokaba stadion in Polokwane

Streng veiligheidsmaatreëls geld by die ou Peter Mokaba stadion in Polokwane in die buurland waar president Cyril Ramaphosa vanmiddag sy 8 Januarie verklaring sal lewer. Dit is die ANC se 110de bestaansjaarvieringe. Die party se top leierskap is volgens SABC die afgelope week in Limpopo en het onder meer met tradisionele leiers en geloofsgemeenskappe vergader. Die party fokus op hernuwing en heropbou na sy swak prestasie in verlede jaar se munisipale verkiesings. Weens Covid 19-regulasies sal slegs twee-duisend mense toegelaat word om die geleentheid by te woon. Ramaphosa sal na verwagting teen omstreeks eenuur vanmiddag sy rede lewer.