Johann Steynberg in hegtenis geneem

Die Valke in Suid-Afrika het die inhegtenisneming bevestig van Johann Steynberg, die vermiste stigter en bestuurshoof van die ineengestorte Bitcoin verhandelings-platform, Mirror Trading International. Steynberg in 2020 gevlug, nadat sy maatskappy uitbetalings aan tien-duisende lede gestaak het. Brandon Topham van die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sê die Valke het nie bevestig waar die in hegtenisneming plaasgevind het nie.