Die Suid-Afrikaanse regering verleng spesiale vrystellingspermit vir Zimbabwiërs

Die Suid-Afrikaanse regering het die spesiale vrystellingspermit vir Zimbabwiërs tot die einde van die jaar verleng. Die regering sê in ‘n verklaring die kabinet het die tydperk toegestaan sodat permithouers tyd het om aansoek te doen vir ander permitte wat hul status in Suid-Afrika sal bepaal. Die aankondiging volg nadat Zimbabwe se ambassade in Pretoria ‘n beroep gedoen het op permithouers om kalm te bly terwyl die twee lande ‘n ooreenkoms bereik oor die kwessie. Nagenoeg 180-duisend Zimbabwiërs in Suid-Afrika het so ‘n permit.