Stormers opgewonde oor VRK-karteindstryd in Kaapstad

Rugby: Dit was ‘n moeilike begin vir die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskap met slegs een oorwinning in hul eerste vyf wedstryde. Die span is egter sedertdien op ‘n indrukwekkende segetog en het die Suid-Afrikaanse Skild van die kompetisie gewen. Saterdag speel hulle ‘n tuiswedstryd in Kaapstad in die kwarteindstryd teen Edinburgh. Die Stormers-slot, Salmaan Moerat, sien uit na ‘n uitspeelwedstryd voor die tuisskare.