Veelvuldige Sklerose (MS) word vandag herdenk

In Namibië is die voorkomskoers van Veelvuldige Sklerose, bekend as MS, sowat 0,001 persent van die totale bevolking wat dui ’n beraamde 2 500 mense in die land is wat deur die siekte geraak word. Tans is daar 48 gevalle deel van MS Namibia se databasis. Multiple Sclerosis Namibia staan vandag met die viering van Wêreld MS-dag in solidariteit met die MS Internasionale Federasie en MS-organisasies oraloor in Afrika, sowel as die 2,8 miljoen mense wat wêreldwyd daagliks met die siekte saamleef. Volgens die stigter van MS Namibia, Bianca Özcan, is een van die grootste uitdagings vir lyers in die land toegang tot primêre gesondheidsorg.