Storm beskadig merksentrum in die Vrystaat

Die departement van basiese onderwys in die buurland sê ‘n storm het die merksentrum in Thaba Nchu in die Vrystaat beskadig. Die dak is afgewaai terwyl merkers besig was om antwoordstelle na te sien. Merkers het vinnig skuiling gesoek terwyl die storm om die gebou gewoed het. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die merksentrum is in die Hoërskool Albert Moroka waar onderwysers besig was om Rekeningkunde en Besigheidstudies se tweede vraestelle te merk.