Een Covid-sterfte in Swakopmund aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in Swakopmund aangemeld, asook 540 nuwe gevalle uit 2 174 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 24,8 persent verteenwoordig. In die groep is 38 leerders, 31 gesondheidswerkers, 11 studente en sewe onderwysers. Daar is nou 4 913 aktiewe gevalle, waarvan 152 pasiënte in hospitale is en 13 in hoësorgeenhede. Altesaam 330 598 persone is ten volle ingeënt.