Na navrae oor koste van PCR-toetse, kan Namibiese Mededigingskommissie ondersoek instel

Die Namibiese Mededingingskommissie het reageer op ‘n moontlike ondersoek na die koste van PCR-Covid-toetse. Die Suid-Afrikaanse mededingingskommissie het die week bepaal dat PCR-toetse slegs 500 Suid-Afrikaanse rand mag kos. Plaaslik verskil die prys van die toets, afhangende van hoe vinnig uitslae nodig is. Vir uitslae binne 24-uur kos die toets sowat 700 dollar, maar vir binne vier ure kos dit tot 1 500 dollar. Die Namibiese Mededingingskommissie het bevestig dat daar geen ondersoek is nie en geen klag is ingedien nie. Paulus Hangula, ‘n senior ekonoom by die Namibiese Mededingingskommissie, sê egter aan Kosmos 94.1 Nuus, alhoewel daar nie ‘n klag ingedien is nie, is daar navrae wat wel daartoe kan lei dat die kommissie hul eie ondersoek kan doen.