Idris Elba in nuwe SA riller te sien

Die Oscar-bekroonde akteur Idris Elba en die Suid-Afrikaans-gebore akteur Sharlto Copley sal te sien wees in ‘n nuwe Suid-Afrikaanse riller, Beast. Elba vertolk die rol van die wewenaar, dokter Nate Daniels, wat veg vir sy en sy dogters se behoud teen ‘n reuse-leeu in ‘n wildreservaat. Die fliek word deur Baltasar Kormákur geregisseer volgens die draaiboek van Ryan Engle, gegrond op ‘n oorspronklike verhaal deur Jaime Primak Sullivan. Die rolprent sal na verwagting van 19 Augustus af in teaters te sien wees.