Sterwende Kaapse pelsrobbe spoel steeds op strande uit

Die Wes-Kaapse LUR vir omgewingsake, Anton Bredell, het die publiek versoek om die Sea Search-span te kontak indien hul enige robbe langs die kuslyn sien wat aangetas is. ‘n Onrusbarende aantal dooie en sterwende Kaapse pelsrobbe spoel steeds uit op strande. ‘n Senior lektor aan die Universiteit Stellenbosch en mededirekteur van die Sea Search-span, Tess Gridley, sê ‘n ondersoek vind plaas tot einde Desember om die huidige situasie te probeer uitpluis. Die span versoek die publiek om hulle te ondersteun met skenkings vir hul navorsing en ondersoekpogings.