Mike Nghipunya getuig oor sy miljoene wat hy verdien

Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya, het aan Regter Shafimana Ueitele getuig hy het ‘n jaarlikse salaris van 1,3 miljoen Namibiese dollar as uitvoerende hoof van Fishcor verdien. Sy Gwanyemba Investment Trust, deur wie hy konsultasiewerk vir ander vismaatskappye gedoen het, het hom ‘n inkomste van 15 miljoen dollar oor ‘n tydperk van drie jaar ingebring.