Stemme van Ndonga Linena-kiesafdeling oorgetel, Swapo-kandidaat wen

Nadat die Verkiesingskommissie van Namibië vandag die stembriewe van die Ndonga Linena-kiesafdeling volgens ‘n hofbevel van die verkiesingshof oorgetel het, het Swapo se kandidaat, Kampota Michael Shiwana, met 20 stemme die kandidaat van die All People’s Party geklop. Altesaam 2 386 stembriewe is getel en 20 is verwerp.