Gautengse onderwysdepartement kla drie senior bestuurders aan

Die Gautengse onderwysdepartement het drie van sy senior bestuurders aangekla nadat hy ‘n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid ontvang het. Die verslag betrek die amptenare by die misbruik van fondse vir ontsmetting- en skoonmaak-doeleindes by skole in die provinsie. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, het bevestig die departement is daartoe verbind om sy samewerking aan die ondersoekeenheid te gee en sal sy aanbevelings in werking stel.